September 24, 2021

Lof en klagtes oor diens by toetssentrum

Facebook

KIMBERLEY – Motoriste van die stad is verdeel oor diens wat hulle by die verkeersdepartement se toetssentrum in Communitystraat in Ashburnham ontvang het.

Die volgende menings oor diens by die toetssentrum is op FiND iT se Facebookblad gedeel.

Gregory Carstens sê: “Tot dusver was ek baie gelukkig met vriendelike, hulpvaardige en goeie diens.”

Bonny Sonnenberg sê: “Ek het in Julie 2018 vir hernuwing aansoek gedoen. Het ’n tydelike lisensie gekry, maar het drie maal navraag gedoen toe word ek meegedeel hulle het nie my vingerafdrukke nie. Het weer ’n tydelike lisensie gekry in Desember 2018.”

Sy sê: “Ek was versoek om op ’n Saterdag in te kom om weer vingerafdrukke te neem. Lisensie sou nou sonder vingerafdrukke uitgereik word.”

“Het weer in Julie 2019 navraag gedoen en nog geen lisensie. Betaal toe R135.00 vir lisensie wat reeds by vingerafdrukke betaal was. Het weer op 15 September 2019 navraag gaan doen. Pretoria het nou die foto afgekeur. Neem toe weer ’n foto. Vier weke later in Oktober 2019 by navraag moes ons weer foto oordoen. Nou wag ek in spanning. Baie hulpvaardig met die foto’s en vingerafdrukke neem 😀,” verduidelik Sonnenberg.

Monica Mazzoncini sê: “Ek het meer as n jaar gewag vir my lisensie…”

Mervyn Thuynsma sê: (sic) “I am waiting for my license from the department a year and four months.”

Michelle Smith sê: “Daar was al kere wat ek vinnig gehelp was en ander kere wat ek lank moes wag.”

Jean Elizabeth Brown sê: “Ek het my oogtoets saamgevat en was binnie 10 minute klaar en my lisensie was binne drie weke hier.”

Quintin Kellerman sê: “Ek was nog nooit sleg behandel daar nie en diens was nog altyd vriendelik. Ek dink dalk is dit jou gesindheid oor hoe jy daar ingaan wat ’n rol speel.”

Charlotte Blom sê: “Ek het my oogtoets saamgevat was 15 minute besig toe is ons klaar. Net die dame waar jy dit betaal het haar tyd gevat. Ek het binne drie weke my lisensie gekry. Die dag met kolleksie het dit 5 minute geneem.”

Anneli Horn sê: “Daar was n man wat so op my en my ma geskree het, toe ek na die supervisor toe gaan om n klag te lê, sê hy vir my ek moet hom e-pos sodat dit op skrif is. Maar die e-posadres was fake. So beskerm hulle hulle ongemanierde, ongeskikte werker. 😊 Maar in dieselfde asem, was al die vrouens wat daar werk vriendelik en behulpsaam en baie geduldig.”

Annemarie van Zyl sê: “Die oogtoets neem onnodig lank, te min mense wat daar help. Meeste van die tyd is daar net een persoon, dan weer in ’n ry sit om te betaal, wanneer bestuurslisensie hernu moet word

Lucille du Preez sê: “Ek was in en uit binne 25 minute.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *