Vullis staan terwyl munisipale werkers staak

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Vullis gaan na bewering weens ’n staking deur munisipale werkers nie vandag in Kimberley verwyder word nie. 

Dienslewering in verskeie woonbuurte onder andere Beaconsfield, Herlear, Greenside en Klisserville word geaffekteer.

Ockert Fourie, DA-raadslid van wyk 25, sê hy het vanoggend vir Sol Plaatje-munisipaliteit geskakel wat dit bevestig het.

Die rede vir die staking is nog onbekend. Dit is ook nog nie duidelik wanneer vullisverwyderingsdienste hervat sal word nie, sê Fourie.