Skrootwerfhandelaars oor gesteelde goedere vas

Deel hierdie storie / Share this story

DE AAR – ’n Man (34) en ’n vrou (55), beide eienaars van ’n skrootwerf, is op De Aar vir gesteelde goedere wat na bewering aan Transnet behoort, gearresteer.

Kol. Mashay Gamieldien sê dit volg na voldoeningsbesoeke by verskeie skrootwerwe in die gebied. 

Die polisie het beslag gelê op treinspore, moere, boute en verskeie toebehore ter waarde van R200 000.

Die ondersoek duur voort, sê sy.