OOS-KAAP – Drie vroulike studente is omstreeks 23:00 gisteraand by Ikhala FET-kollege op Ezibeleni oor openbare geweld in hegtenis geneem.
Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê die studente was na bewering besig met protesaksie by die kollege se ingang. Bande is uitgebrand en klippe is gegooi.
Die polisie is ontbied en drie verdagtes is gearresteer. Die beskuldigdes gaan binnekort in die Ezibeleni-landdroshof verskyn.



