Kragkabel brand weer by Riverton-aanleg

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Verdere uitdagings met die voorsiening van krag word by die Riverton-aanleg ondervind nadat ‘n kragkabel weer gebrand het.

So sê Patrick Mabilo, die uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit.

Luidens ’n persverklaring deur die burgemeesterskantoor het ’n kabel by een van die transformators by die aanleg weens ’n kortsluiting weer gebrand. Die munisipaliteit pomp water vanaf Riverton met slegs een pomp.

“Ons tegniese span is by die aanleg besig om die kabel weer te vervang. Ons sal ongelukig nie damvlakke kan verbeter soos dit beplan was nie.”

Geen water tussen 14:00 en 04:00

Daaglikse watervoorsieningsbeperkings sal voortduur. Watertoevoer sal tot verdere kennisgewing daagliks omstreeks 14:00 gesny word en ongeveer 04:00 in die oggende hervat word sodat damvlakke by Newton kan herstel.