Dubbelskof om vullis te verwyder

KIMBERLEY – ’n Plan is gemaak vir vullis wat vandag weens ’n staking nie verwyder is nie, sê Sol Plaatje-munisipaliteit.

Sello Matsie, munisipale woordvoerder, sê sommige voorstede se vullis is nie gehaal nie, nadat werknemers hul kommer uitgespreek het oor verskeie griewe.

Hy sê die bestuur het met die werknemers gepraat en die saak is ook by die formele plaaslike arbeidsforum bespreek.

Matsie sê wat duidelik moet wees, is dat werknemers, ongeag die probleme, die regte proses moet volg. Sulke sake moet by die verantwoordelike strukture geopper word. Die plaaslike arbeidsforum is nou operasioneel. Sulke sake sal aandag daar geniet, verduidelik Matsie.

Hy sê daar sal aandag aan vullisverwydering gegee word. Die spanne gaan ‘n dubbelskof werk om die agterstand in te haal.

“Ons vra om verskoning vir die gebrek aan dienslewering; die saak word opgeklaar,” sluit Matsie af.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *