KIMBERLEY – ’n Bekende gastehuis in Kimberley is na bewering deur ‘n man wat homself van ’n gasmaatskappy voorgedoen het, beroof.
Meryl Rucastle, ’n ontvangsdame by die gastehuis, sê die voorval het omstreeks 15:37 Sondagmiddag plaasgevind.
In beeldmateriaal van die voorval kan gehoor word hoe die verdagte sê hy is uitgestuur om glo ’n gaslekkasie te herstel.
Die verdagte wat na bewering hulp gehad het, het met drie 48 kg-gasbottels, ’n TV en DSTV-dekodeerder weggekom.
Rucastle maan ander besighede en gastehuise om bedag te wees teen dié tipe slenter.
’n Saak is vir ondersoek by die polisiekantoor geopen, sê sy.



