August 4, 2021

Springbok-ondersteuner met SA-vlag balrok in Japan-stadion

Foto: The Daily Mail UK

SUID-AFRIKA. – Hoe gaan julle die Springbokkie dié naweek ondersteun?

Die Bokke speel hierdie naweek teen Engeland in die Wêreldbeker finaal.

Kirsten Teasdale van Johannesburg is verlede naweek in ’n balrok, met ’n Suid-Afrikaanse vlagpatroon by die semi-finaal wedstryd tussen die Springbokke en Wallis in die Yokohama stadion in Japan gesien.

The Daily Mail UK het ’n foto van Teasdale in dié rok, wat sy op haar persoonlike Facebook-blad gedeel het, geneem.

Volgens thesouthafrican.com is Teasdale ’n groot rugby-ondersteuner en het sy gesê sy (Teasdale) en haar man het sover al die Wêreldbeker-wedstryde bygewoon. “Sy het hierdie balrok vir al sewe die Bok-wedstryde sover gedra,” word berig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *