Watertoevoer tydelik herstel

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die watertoevoer is tydelik tot 14:00 herstel.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê weens lae damvlakke by Newton sukkel hulle om die gravitasie-opgaardam tot kapasiteit te bring om die stad van water te kan voorsien. 

“Die munisipaliteit is ook besig om ’n kabel by een van die transformators by Riverton te vervang. Dit behoort teen laatmiddag herstel te wees,” sê Matsie.

Die munisipaliteit gaan slegs water voorsien gedurende die oggend-ure tot omstreeks 14:00 in die middag totdat damvlakke herstel het.