KIMBERLEY – Die polisie in Galeshewe ondersoek ’n saak van moord nadat Mases Cross (32) na bewering deur haar kêrel Thabo Khonkhobe (29) vermoor is.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê Khonkhobe het na bewering vir Cross omstreeks 18:00 op 26 Oktober by haar huis in Club 2000 in Galeshewe met ’n mes doodgesteek.
Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem. Die motief vir die voorval word ondersoek, sê Ramatseba.
Khonkhobe het gister in die Galeshewe-landdroshof verskyn. Die saak is tot 4 November uitgestel.
Die ondersoek duur voort.



