Vyf vir openbare geweld op Ritchie gearresteer

Deel hierdie storie / Share this story

Ritchie – Drie mans en twee vrouens is in verband met openbare geweld wat gister op Ritchie uitgebreek het, in hegtenis geneem. 

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die arrestasies volg nadat ’n munisipale gebou aan die brand gesteek is.

Na bewering protesteer woedende lede van die gemeenskap teen swak dienslewering in die omgewing, sê hy.

Lt.-genl. Risimati Peter Shivuri het ’n beroep gedoen op die gemeenskap om rustig te bly. Hy vra indien inwoners enige griewe het, moet hulle dit om ’n tafel bespreek. Shivuri maan teen geweld of beskadiging van eiendom. 

Die vyf verdagtes gaan binnekort in ’n plaaslike landdroshof verskyn. 

Die ondersoek duur voort.