Onbekende man in veld in stad uitgebrand

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die Galeshewe-polisie ondersoek ’n saak van moord nadat die uitgebrande liggaam van ’n onbekende man in ’n veld naby Bloemanda in Galeshewe, Kimberley, gevind is. 

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê ’n verbyganger het die liggaam omstreeks 11:00 op 28 Oktober ontdek en het onmiddellik die polisie ontbied. 

Die slagoffer se hande en voete was vasgebind en hy is tot onherkenbaar verbrand.

Die oorledende is ongeveer 1.7m lank.

Enigeen met inligting in dié moordsaak kan vir speurdersers. Stephen Wax by 082 469 1728 skakel.

Die ondersoek duur voort.