JOHANNESBURG – Twee vermeende gewapende rowers het vir hulle lewens gevlug nadat die wiel vir hulle gedraai het.
Volgens The South African, ’n aanlyn koerant, het die voorval wat op video vasgevang is in Lonehill in Johannesburg plaasgevind.
In die video staan twee mans buite ’n eiendom en praat toe ’n wit motor by hulle stop. ’n Gewapende verdagte met ’n oranje T-hemp klim uit die motor en wil waarskynlik die mans beroof deur sy wapen op hulle te rig.
Vinnige reaksie deur een van die mans het die wiel vir die vermeende rowers laat draai toe hy sy pistool gebruik het om homself te verdedig.
Dié man het so voorkom dat hulle slagoffers van misdaad word toe die rowers die hasepad gekies het.



