RITCHIE – Protesaksie, waartydens die munisipale gebou afgebrand is, het vanoggend op Ritchie voortgegaan.
Revelation Ndumiso, ’n inwoner, sê protesaksie het vanoggend op die dorp vlam gevat. Die polisie is ontbied en gemeenskapslede is verhoed om die N12 te sluit.
Sy sê die brandweer kon nie die brandende gebou bereik nie.



