KIMBERLEY. – Is jy op soek na ’n nuwe Ford-voertuig maar wil nie graag na die middedorp met jou hele gesin gaan nie? Hier is goeie nuus vir jou!
Human Auto het nou ’n nuwe pop-up-winkel in die Diamond Pavilion Mall, wat dit gerieflik vir die hele gesin maak.
Karen Möller, die bedryfshoof, sê die onderdele-afdeling, herstelafdeling en die gebruikte voertuig-afdeling gaan soos normaal oop wees by die tak in die middedorp.
“Die vertoonlokaal sal ook oop wees in die middedorp, asook by die Diamond Pavilion Mall. Toetsritte kan ook vooraf gereël word.”
Die vertoonlokaal het baie voorraad en het iets vir almal se smaak. Van die nuwe Ranger, EcoSport, Everest of Figo, hulle het ’n voertuig vir almal in die gesin.



