Twee vir vervalste rybewyse, sertifikate en meer gevang

Deel hierdie storie / Share this story

VENTERSDORP – Twee mans van 24 en 33 is by ’n internetkafee op Ventersdop vir die vervalsing van dokumente onder andere mediese sertifikate, motorlisensies en rybewyse in hegtenis geneem en word vir bedrog aangekla.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, polisiewoordvoerder in die Noord-Wes, sê die arrestasie volg op goeie speurwerk deur die Valke, misdaadintelligensie en die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC).

Rikhotso sê die verdagtes het na bewering tussen R100 en R450 vir vervalste dokumente gevra.

Daar is beslag gelê op verskeie elektroniese toestelle met pasgemaakte sjablone van verskeie dokumente, gereed om vir die volgende persoon aangepas te word.

Die beskuldigdes verskyn vandag voor die landdroshof op Ventersdorp.