Op Woensdag 23 Oktober 2019 is Modisaotsile Pule (28) en Keinetse James Leberegane (28) deur die streekhof in Mothibistad tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Daar word beweer dat die twee beskuldigdes in Februarie 2013 ’n 38-jarige vrou in die dorp Laxey buite Tsineng verkrag het. Daar word ook beweer dat die twee beskuldigdes in een van die plaaslike tavernes ’n bier vir die slagoffer gekoop het. Daarna het die twee die slagoffer vergesel terwyl sy huis toe is en het haar verkrag.
Na ’n deeglike en uitgebreide ondersoek deur sers. Tebogo Nowalaza van die Kuruman FCS-eenheid, is die twee verdagtes gearresteer.



