KURUMAN – Op Dinsdag 22 Oktober 2019 het die polisie op Kuruman in vennootskap met veiligheidsmaatskappye Baas, NKS- en ACSB-reaksie ’n gesamentlike operasie aangepak.
Die doel van die operasie was om die polisie te help om misdaad te beveg. Tydens die operasie is hotspots vir trio- en kontakmisdade gepatrolleer.
Brig. Ramatseba sê: “Die sigbaarheid van die polisie en die veiligheidsmaatskappye het die gemeenskapslede veilig en beskermd in die stad laat voel.”
Terwyl hierdie vennote besig was met stop-en-deursoekings, is twee mans van 25 en 30 jaar in hegtenis geneem vir die handel in 510 gram dagga met ‘n straatwaarde van R1394,00. ’n Blou Golf-motor wat vir die vervoer van dagga gebruik is, is tesame met ‘n onbekende bedrag geld gekonfiskeer. Albei verdagtes sal binnekort voor die plaaslike landdroshof verskyn op ’n aanklag van die handel in dagga.






