KIMBERLEY – Instruksies oor eksamentye het verwarring veroorsaak nadat sommige ouers bekommerd was die eksamen kan moontlik vroeër eindig.
Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die onderwysdepartement, het die verwarring opgeklaar. Hy sê die eksamen sal vanaf 6 November tot 22 November plaasvind.
Hy sê die onderwysdepartement stel jaarliks instruksieprosedures vir eksamentye saam om onderwys en onderrig te verbeter.
Die instruksies het betrekking tot die prosesse en prosedures van interne eksamens by primêre, hoër- en gekombineerde skole.
Skole kan tye bepaal
Skole het toestemming om vraestelle buite die grense van die voorgestelde periode te skryf om hul vakke te akkommodeer.
Van der Merwe sê hierdie instruksies gee leiding aan amptenare en skole ten opsigte van skoolbestuur en eksamentydperke.
Finale rooster
Die finale rooster is op 10 Okober in uitgawe E78 van 2019 uitgestuur.
Alle eksamens begin om 09:00, sê Van der Merwe.



