SPRINGBOK – Die Springbok-polisie in die Noord-Kaap het ‘n groot deurbraak gemaak in die bestryding van dwelmhandel nadat twee verdagtes met dagga ter waarde van ongeveer R2 miljoen in hegtenis geneem is.
Op Vrydag 18 Oktober 2019 omstreeks 01:00 het die Springbok-sigbare polisiëringseenheid, Springbok SAPD-speurders, Springbok honde-eenheid, Namaqua-openbare orde-polisiëringseenheid en Springbok-kriminele rekords en -misdaadtoneelbestuurspan (CR en CSM) inligting opgevolg en ’n bus wat vanaf Johannesburg na Kaapstad op reis was, deursoek.
Die polisie het 15 kg dagga binne-in die bagasie van twee verdagtes gevind. Die volwasse manlike en vroulike verdagtes het in die Springbok-landdroshof verskyn en die saak is tot 23 Oktober 2019 uitgestel vir ’n formele borgtogaansoek.




