Gratis digitale bankrekening – doen aansoek met ’n selfie

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – FNB het ’n nuwe digitale bankrekeningfasiliteit vir besighede beskikbaar gestel sonder ‘n maandelikse rekeningfooi.

Mike Vacy-Lyle, FNB Business se hoof finansiële bestuurder, het aan MyBroadband gesê die First Business Zero is spesifiek ontwerp vir eenmansake met ‘n jaarlikse omset van tot R5 miljoen. Die bankrekening kan op die FNB-app geopen word. Met behulp van ’n selfie word die verbruiker geïdentifiseer en geverifieer.

Voordele en funksies

  • Geen maandelikse rekeningfooi nie
  • Onbeperkte gratis kaarttransakies by verkoopspunte
  • QR-kode
  • Gekoppelde spaarrekening
  • ’n FNB Connect SIM-kaart