Vyf vir koperdiefstal op R31 gevang

Deel hierdie storie / Share this story

DELPORTSHOOP – Vyf verdagtes tussen 24 en 52 is op die R31 naby Delportshoof vir die besit van gesteelde koperkabels ter waarde van R150 000 in hegtenis geneem.

Lt.-kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê volgens inligting beskikbaar het die Francis Baard-distrik se polisietaakmag saam met die Kimberley-blitspatrollie, Delportshoop-polisie en die lugvleuel op 19 Oktober reageer nadat koperkabels na bewering op Lime Acres gesteel is.

Die polisie het die koperkabels op ‘n bakkie saam met implemente gevind.

Al vyf verdagtes gaan binnekort voor die hof verskyn.