KIMBERLEY – Die damvlakke by Newton-opgaardam is steeds krities op ongeveer 66.25%, maar dit neem stadig toe, sê die Sol Plaatje-munisipaliteit.
Ockert Fourie, DA-raadslid van wyk 25, sê toe hy vanoggend omstreeks 10:00 daar was, het een van die damme op 10.6 voet uit ’n maksimum kapasiteit van 16 voet gelê.
Op 12 Oktober was twee van die damvlakke op 9 voet en 10 duim. Dit is nou 9 dae later en die damvlakke het slegs 8 duim of te wel 200 mm gestyg, sê hy.
Sello Matsie, munisipale woordvoerder, sê die damvlakke by die vier opgaardamme wissel volgens gebruik. Oor die algemeen styg die vlakke stadig, sê hy.




