HARTSWATER – Rou riool word na bewering hier in die Hartsrivier gepomp. Die riool word in die kanaal gepomp wat uitloop in die Hartsrivier, Spitskopdam.
Volgens Waterwese op Hartswater is daar reeds opdrag gegee om die probleem te herstel, maar word gedeeltelik behandelde water steeds gestort.
FiND iT het Phokwane-munisipaliteit op Hartswater probeer kontak, maar kon geen antwoord kry nie.
Kobus Streuders, munisipale woordvoerder van die Noord-Kaap, sê Waterwese se watersuiweringsstelsel word tans opgeknap en dat alle water wat gestort word, reeds deur ’n proses was en nie rou riool is nie.




