NASIONAAL. – Na aanleiding van die meningspeiling wat vir 35 minute op die FiND iT Facebook-blad was, het 36 van die 48 mense gesê heads is die kant met die dier op, maar dit is nie die regte antwoord nie.
Katlego Moncho het verlede week op Twitter gevra om die regte antwoord te kry, omdat sy en haar kollegas nie saamgestem het nie.
The South African Mint het haar vraag beantwoord deur op haar tweet te reageer. “Hi Katlego. Dankie vir jou tweet. Die heads kant is die amptelike staatskant. In hierdie geval is dit die wapen. Die tails is die kant met die dier,” lees die tweet.



