HAKSKEENPAN – Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het vandag die span van Bloodhound-landspoedrekord (LSR) op Hakskeenspan in die Kalahari verwelkom.
Die span wat van Engeland gevlieg het, beoog om ’n hoëspoed-toetsren met hulle jetenjin-motor op die pan uit te voer.
Saul sê voorbereiding word gedoen om die straalmotor vandag 21 Oktober op die pan te wys.
Die Bloodhound LSR-span beoog om volgende jaar ’n nuwe landspoedrekord met die vinnigste reguitlynmotor ter wêreld, wat deur ‘n moderne EJ200 Eurofighter Typhoon-straalmotor aangedryf word, vas te stel.











