NASIONAAL – Die waterkrisis in Kimberley is gisteraand nasionaal uitgesaai nadat Fokus, ’n TV-program, dit hier in die stad kom ondersoek het.
Ondersoek volg na dele van stad sonder water is
Die ondersoek kom nadat dele van Kimberley vir ’n week sonder water was terwyl die Sol Plaatje-munisipaliteit na die nuwe wateraanleg by Riverton oorgeskuif het.
Newton-damvlakke krities
Damvlakke by die Newton-opgaardam bly krities laag. Dit gaan na bewering drie weke neem om te stabiliseer.



