KIMBERLEY – Die toevoer vanaf Newton-opgaardam is nie afgeskakel nie.
So het Sello Matsie, woordvoerder by Sol Plaatje-munisipaliteit, aan FiND iT bevestig.
Dit volg gerugte op sosiale media dat die toevoer glo gesny is om ’n gebarste pyp in Longstraat te herstel.



