KIMBERLEY. – Een van die Droogtehulp-bakkies was sopas buite Kimberley op die N12 op pad na Johannesburg in ‘n ongeluk.
‘n Motor het na bewering teen ‘n hoë spoed van agter af teen die bakkie vasgery.
Op die video kan gesien word hoe ver die motor agter die bakkie staan. Die bakkie het hier tot stilstand gekom.
Die bestuurder van die bakkie wag vir die polisie en ambulansdiens om op te daag.





