VOSBURG- Die droogtehulp-konvooi het voer en vreugde na Vosburg gebring nadat sowat 50 trokke en bakkies by hulle bestemming op Vosburg aangekom het.
Dawie Griesel, ’n inwoner van Kimberley, sê die emosies loop hoog op dié dorp. “Die atmosfeer is oorweldigend van blydskap, dankbaarheid, hoop en natuurlik baie trane,” sê hy.
Droogtehulp-konvooi gister in Kimberley
Hier volg ekstra beeldmateriaal van die konvooi toe hulle gister deur Kimberley gery het.
Die beeldmateriaal is deur Riaan Swanepoel, ’n inwoner van Kimberley, opgeneem.
















