Droogtehulp-konvooi naby Vosburg-distrik

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Sowat 50 trokke en bakkies wat gistermiddag met voer deur Kimberley na die dorre Vosburg-distrik gery het, is nou naby aan hulle bestemming.

FiND iT hou jou op hoogte van die liefdesgawes wat vandag in die Vosburg-distrik uitgedeel gaan word.

Agtergrond van Boere Droogtehulp SA

Boere Droogtehulp SA is sowat twee jaar gelede gestig en het hierdie seëning aan die boere in Vosburg moontlik gemaak.

Chris van Beljon, die stigter van Boere Droogtehulp SA, sê sonder die hulp van ander boere sou hierdie vragte nie moontlik gewees het nie. “Ons is ongelooflik geseën en waardeer al die hulp van die gemeenskap baie.”

Lees ons vorige berig, Droogtehulp-konvooi gaan na 43 boere.