Water word vanaand vroeër gesny

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die watertoevoer vanaf Newton-opgaardam gaan weens herstelwerk aan ’n gebarste pyp in Conradstraat vroeër vanaand vanaf 18:00 afgeskakel word.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê die watertoevoer sal eers môreoggend aangeskakel word. 

“Die opgaardam se vlakke by Newton neem toe.  Ons versoek steeds dat inwoners water spaarsaming moet gebruik,” sê Matsie.