Konvooi met droogtehulp kom deur Kimberley

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Boere Droogtehulp SA gaan Vrydag in ’n konvooi van sowat 50 trokke en bakkies met voer deur Kimberley ry op pad na die Vosburg-distrik wat swaar getref word deur die voortslepende droogte.

Dawie Griesel, ’n Kimberley-inwoner, sê hierdie trokke kom oorspronklik van Rustenburg. “Baie van die vragmotors word reeds met voer gelaai en is gereed vir Vrydag. Al hierdie vragmotors, die bestuurders en voer is geskenk aan die Vosburg-distrik.

“Hulle beplan om vir ongeveer 70 persone wat betrokke is koue water, koeldrank en iets te ete te gee, so indien daar mense is wat ’n bydrae wil maak, is hulle meer as welkom om my, of my broer, te kontak,” sê Griesel.

Baie dankie aan Mads Properties wat 70 bottels water vir hierdie goeie doel geskenk het.

Indien enigiemand ’n skenking wil maak, kontak asseblief vir Dawie by 084 240 6353 of Ryno by 083 444 8003.