PORT NOLLOTH. – ’n Sak vol tik (dwelms) ter waarde van bykans R70 000 is in die veld hier gevind.
Die polisie het op 10 Oktober 2019 leidrade oor moontlike dwelmaktiwiteite in die omgewing opgevolg.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die sigbare polisiëringseenheid het omstreeks 04:00 patrollies op die R382, net buite Port Nolloth, gedoen. “Dit is toe dat hulle ’n verlate sak met tik in die veld, langs die pad, gevind het.
“Die dwelmmiddels is gekonfiskeer en sal vir forensiese toetse gestuur word.”
Die ondersoek duur voort.



