KIMBERLEY – Vyf omliggende polisekantore moet op Galeshewe-polisiekantoor vir verkragtingstoetsstelle staatmaak, sê die DA.
Ofentse Mokae, hoofsweep van die DA in die provinsie, het polisiekantore in die provinsie besoek om te kyk of hulle die nodige toetsstelle vir die vervolging van seksuele oortredings in vooraad het.
Mokae sê hy het die polisiekantore op Delportshoop, Barkly-Wes, Boetsap, Kaghiso en Roodepan besoek. Nie een van die takke het voorraad nie.
Tydens sy inspeksie het hy ook gevind dié polisiekantore is self verantwoordelik om voorraad in Johannesburg met een van hulle bakkies te gaan haal. Mokae sê dit is onregverdig. Die nasionale polisie moet vir logistieke verantwoordelik wees.
Sien die video vir FiND iT se volle onderhoud met Mokae.



