JACOBSDAL – ’n Gedenkdiens word Vrydag 18 Oktober om 15:00 vir Herman Galama gehou. Galama, ’n bekende boer en invloedryke man van die gemeenskap, is Sondag tydens ’n fratsongeluk op sy plaas oorlede. Die gedenkdiens sal op sy plaas, Rostrevor, plaasvind.




