KIMBERLEY – ’n Man se huis in Barklystraat in Galeshewe Kimberley het vanoggend tot op die grond afgebrand.
Lorraine Pieterson, suster van die eienaar, sê die oorsaak van die brand is onbekend.
“My broer het vroeg gaan werk en die huis was gesluit,” sê sy.
“Gelukkig het die brand nie na die ander huise versprei nie.”
ER24-noodienste en die brandweer was op die toneel. Niemand is beseer nie.
Die familie vra enige persoon wat kan help om hulle te kontak.






