JACOBSDAL. – Die Hoër Landbouskool Jacobsdal het Vrydag hulle jaarlikse prysuitdeling gehou, waar talle leerders presteer het en toekennings ontvang het. Die nuwe hoofleiers vir 2020 is ook tydens hierdie prysuitdeling bekend gemaak.
Victor Ludorum – Stefan Hendrikz
Victrix Ludorum – Marjoné Mathewson

Landboudal Dux leerling – Reuel Freund

Dux leerling – Nico Hendrikz

Landbouweekblad medaljewenner – Hannes Marais

Sue-Mari Strydom, die skool se sportorganiseerder, sê Wessel van Niekerk en Chrisna Roelofse is as die veelsydige sportman en sportvrou aangekondig. “Nico Hendrikz en Marjoné Mathewson is ook as sportman en sportvrou van die jaar aangekondig.”


Die nuwe hoofleiers is:
Hoofseun – Ryno de Lange
Hoofdogter – Letitia Labuschagne
Onderhoofdogter – Tharina Roelofse
Onderhoofseun – Jan-Hendrik Esterhuise

“Ons is ongelooflik trots op elkeen van hierdie leerders,” sê sy.



