Voorsitter van Independent Media vir markmanipulasie ondersoek

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD – Iqbal Survé, voorsitter van Independent Media en hoof van die beleggingsfirma Sekunjalo word deur die gedragsowerheid van die finansiële sektor (FSCA) ondersoek.

Die owerheid het gister op Survé se kantoor in Kaapstad toegesak. Volgens ’n persverklaring deur die owerheid is die klopjag uitgevoer as deel van ‘n ondersoek na bewerings van verbode handelspraktyk, naamlik markmanipulasie.

Die bevel vir die soektog is deur die Wes-Kaapse hooggeregshof op 8 Oktober 2019 toegestaan. Dit het die FSCA in staat gestel om Survé se kantoor onder toesig van ‘n onafhanklike prokureur te deursoek.

As ‘n reguleerder vir markgedrag word die FSCA ingevolge die finansiële sektor verplig om ondersoek in te stel en in gevalle handhawingsaksie te neem in gevalle van markmisbruik op die finansiële markte.

Dit word gehandhaaf om die integriteit van die finansiële sektor te verseker. Sodat alle gereguleerde entiteite, hul personeel en verteenwoordigers altyd in die beste belang van die Suid-Afrikaanse verbruiker optree.