Man gevonnis vir moord op lewensmaat

Deel hierdie storie / Share this story

HOPETOWN. – Hendrik Roland Yman (39) is gister in die streekhof hier tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Magdalena Johanna van Heerden (39), sy lewensmaat.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê hulle het in Desember 2018 ’n argument gehad, waar Yman sy lewensmaat vermoor het. “Die beskuldigde is op die misdaadstoneel in hegtenis geneem.

“Van Heerden het ses steekwonde aan haar bolyf gehad en is op die toneel dood verklaar.”