KIMBERLEY. – Die Roodepan-polisie het gister in die Roodepan-polisiëringsgebied besoeke aan plase afgelê.
Die polisie het hierdie besoeke saam met Kimberley se veediefstaleenheid en Binnelandse Sake afgelê.
Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die fokus van hierdie besoeke was om te kyk of die vee volgens voorskrifte gebrandmerk is en ook om te kyk na plaaswerkers wat nie dokumentasie het nie.
“Die groep het ook stop-en-soek aksies op dieselfde permitte uitgevoer, op soek na enige onwettige stowwe soos dwelms.
“Hierdie oefening was om die werksverhouding tussen die boere en die SAPD te versterk.”
Sy sê die padoppervlaktes wat na die plase lei, is ongeskik en maak dit moeilik om toegang tot hierdie gebied te kry.
Alhoewel daar geen inhegtenisnemings was nie, word hierdie aksies deur die plaaseienaars waardeer.





