Watertoevoer glo herstel, maar geen druppel by Newton-opgaardam

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die watertoevoer vanaf Riverton na die Newton-opgaardam is glo herstel, sê Kobus van den Berg, ’n Vryheidsfront Plus-raadslid.

Gedeeltes van Kimberley is al byna ’n week sonder water. 

Van den Berg sê hy het ’n kennisgewing ontvang dat die watertoevoer na Kimberley herstel is. Hy het om 14:00 die Netwon-opgaardam besoek, maar daar was nog geen teken van water vanaf Riverton nie. 

Van den Berg sê indien die toevoer werklik herstel is, dit kan tot 10 uur neem voordat inwoners water uit hul krane kan verwag. Die stelsel moet eers vol loop.

Inwoners bekommerd oor water

Hierdie nuus kon nie vroeër kom nie. Dit nadat FiND iT watertenkwa’s opgemerk het wat water vanaf die opgaardam aanry.

Sello Matsie, woordvoerder vir Sol Plaatje-munisipaliteit, en Lulu Mxexo, woordvoerder vir die department van gesondheid, kon nie betyds vir publikasie bevestig waarheen die water vervoer word nie.