R158 000 se dwelms gevind

Deel hierdie storie / Share this story

COLESBERG. – ’n Man in sy dertigs is hier in hegtenis geneem vir die besit en handel in dwelms.

’n Lasbrief en ’n beslagleggingsbevel is teen drie geïdentifiseerde huise in Colesberg en Kuyasa, waar vermoed word daar kriminele aktiwiteite plaasgevind het, uitgereik.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê die man is in hegtenis geneem weens die oortreding van artikel 4 en 5, van die Wet op Dwelmhandel 140 van 1992.

“Hy is in hegtenis geneem en staan tereg vir die besit en handel van dwelms, ná Mandrax-tablette en metamfetamien (crystal meth), met ’n beraamde straatwaarde van R158 000, in sy besit gevind is. Kontant, wat vermoedelik deur die handel in hierdie dwelmmiddels gegenereer is, is ook gevind.”

’n Vier-en-veertigjarige man sal na verwagting binnekort voor die Galeshewe-landdroshof in Kimberley verskyn.

Tawana sê die man sal op aanklag van poging tot moord verskyn. “Na bewering het die verdagte en sy lewensmaat ’n argument gehad en het hy haar met ’n swaard in die keel gesteek.”

Die verdagtes sal na verwagting voor die onderskeie howe in die Noord-Kaap verskyn.