Skool verdaag om 11:20 oor geen water

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Laerskool Eureka sal vandag, die tweede dag dat Kimberley sonder water is, om 11:20 verdaag.

Die skool se kennisgewing aan ouers lui: “Die boorgat se waterpomp het gebreek. Geen water vir die dag beskikbaar nie. Toilette skep veral probleem. Kinders verdaag om 11:20. Haal asb. u kind af.”

Laerskool Eureka

FiND iT hou jou op hoogte oor die ontwikkeling van die koppeling van die nuwe wateraanleg op Riverton.