COLESBERG – ’n Man in sy dertigs is gister omstreeks 09:00 op aanklag van die handeldryf in dwelms op Colesberg in hegtenis geneem.
Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê dit volg nadat die polisie op drie huise in die Colesberg- en Kuyasa-gebied in ’n misdaadvoorkomingsoperasie toegesak het.
Metamfetamienkristalle en Mandrax-tablette is in die verdagte se besit gevind. Op ’n onbekende som geld is ook beslag gelê.
Die verdagte sal na verwagting Maandag 7 Oktober in die Colesberg-landdroshof verskyn.





