DURBANVILLE – ’n Man van Durbanville in Kaapstad het tot die redding van ’n winkeleienaar gekom nadat ’n verdagte hom met ’n panga aangeval en beroof het.
Volgens TimesLIVE wou Werner Raal koeldrank by die winkel gekoop het toe hy op die aanval afgekom het.
In ’n video van die voorval kan gesien word hoe die gewapende rower ’n panga swaai na die eienaar wat agter die kasregister staan. Die eerste hou het ’n sny oor sy gesig gelaat.
Die eienaar het vir sy lewe gepleit en onder die toonbank ingekruip. Raal het na bewering gehoor hoe die eienaar vir sy lewe skree en het tot sy redding gekom.
Die verdagte het met die eienaar gestoei nadat hy geld uit die kasregister gehaal het.
Raal het ’n staalrak gebruik om die verdagte van die slagoffer weg te kry. Die verdagte het gevlug toe die twee hom voorkeer.



