Man met leeubeendere op lughawe gevang

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG – ’n Man (34) is op die O.R. Tambo internasionale lughawe in hegtenis geneem vir die besit van 12 bokse met leeubeendere.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, polisiewoorvoerder, sê die polisie het dié verdagte besending Dinsdag onderskep.

Die vrag is deursoek en hulle het twaalf bokse gevind. Dit is later vasgestel dat die inhoud leeubeendere is, wat vir Maleisië bestem was.

Die verdagte is vir die oortreding van die wet op nasionale omgewingsbestuur in hegtenis geneem. 

Hy sal binnekort in die Kempton Park-landdroshof verskyn.