Rex in ander se erf gevind

Deel hierdie storie / Share this story

MODDERRIVIER. – Rex, ’n agt maande oue Jack Russel-reun wat gister weggeraak het, is gevind.

’n Beloning vir die opspoor van Rex wat vermoedelik Dinsdagaand hier gesteel is, was aangebied.

Sumari Hamman, Rex se eienaar, sê ’n vrou het haar gistermiddag laat gebel en gesê sy het dalk vir Rex opgespoor. “Rex was in haar bure se erf toegemaak en sy het hom dadelik herken en my gebel.”

Sy woon in die lokasie in Rietvale. “Blykbaar was Rex binne die huis toegemaak, maar het uitgeglip. Die vrou het hom dadelik gevat en na haar huis toe geneem en my gekontak. Toe ons daar aankom, het die mense gestry en gesê dit is hulle hond. Rex het my dadelik herken en in my arms gespring.”

“Ek is net so dankbaar my seuntjie is veilig!”