August 4, 2021

Polisiebeamptes vasgebind, polisiekantoor geroof

WINDSORTON. – Twee polisiebeamptes is hier in die polisiekantoor oorval en vasgebind.

Vier gewapende mans het omstreeks 22:30 die polisiebeamptes, wie aan diens was, oorval. Die verdagtes het glo in ’n wit Audi A3, met ’n Botswana registrasienommer, gevlug.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes het die kluis oopgebreek vier 9 mm-dienspistole en twee R5-gewere gesteel.

Verskillende eenhede van die polisie het met ’n soektog na die verdagte voertuig begin.

Die ondersoek duur voort.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *