Reeksverkragter in hooggeregshof verhoor

Deel hierdie storie / Share this story

Ndumiso Giyani (30) wat in 2018 in hegtenis geneem is nadat hy na bewering betrokke was by 11 gevalle van verkragting gepaard met diefstal en aanranding, gaan van 7 tot 11 Oktober 2019 in die hooggeregshof in Kimberley vir verdere verhoor verskyn.

Luidens ’n polisieverklaring het die voorvalle tussen 2014 en 2018 plaasgevind. Die verdagte, Giyani, het na bewering sy slagoffers by verskillende afgeleë gebiede met ’n mes gedreig voordat hy hulle verkrag en toe beroof en aangerand het.

Al Giyani se slagoffers was vrouens, waaronder ook ’n 17-jarige meisie.

Giyani is in Augustus 2018 in hegtenis geneem en tot 18 maande vir die besit van ‘n gesteelde motorvoertuig gevonnis. Die voertuig is in 2018 op Barkly-Wes, Noord-Kaap, gesteel. Daarna is hy weer op 24 Januarie 2019 by sy huis in Galeshewe in hegtenis geneem.